Het jy gehoor?

‘Ek was hoof-haarstilis op stel van ‘n Hollywood-fliek’

SARIE het by hom gaan uitvind hoe hy gevoel het om dié pos te beklee:

“Ek is mal oor Suid-Afrika, veral die mense.Dis elke dag ’n voorreg om my werk,my dróóm, te doen. My ma, Giuseppina, sê ek wou sedert babatyd aan hare vat. Die tekstuur fassineer my. Jy kan soveel ‘stories’ met hare vertel.

Dis ’n kunsvorm.

Ek is gek na geskiedkundige flieks met pruike.Ná skool het ek myself geleer deur te kyk na haarkappers, daaroor te lees en vriende se hare te doen.My sus, Mara (39), was ook ’n gewillige ‘slagoffer’.Op 23 wou ek gratis werk in ’n pruikfabriek. Maar ná ’n week is ek sowaar betáál! Ná vier jaar was ek ’n gekwalifiseerde pruikmaker.Daarna het ek in die rolprentbedryf beland.

Op Safe House, soos op ander fliekstelle, word jy soos familie, want jy werk lang ure saam. Ryan Reynolds is so ’n máklike mens. Ek het nie met Denzel gewerk nie,maar het hom as gefokus ervaar.

Sam Shepard het ’n lekker humorsin.

Ek ontmoet soveel interessante mense deur my werk. In 2001 moes ek vir die Amerikaner Leonardo Di Caprio haarverlengings gee vir Gangs of New York. Hy was soos ’n seun wat wou pret hê. George Clooney het heerlike hare. Hy is so ’n goeie kommunikeerder, sonder nonsens [The American, 2010]. Ek is bly hy kleur nie sy grys nie!

My grootste haar-geheim? My hande volg my hart! Ek is mál oor mooi goed en neem lieflike dinge van Suid-Afrika saam. Volstruisvere en -eiers en Victoriaanse teestelle. ’n Haarwenk? Moenie haarmodes slaafs volg nie.Volg jou persoonlikheid, moenie jou hare in ’n rigting dwíng nie.”

  • Coba Badenhorst

    Wonderlik!! Jy laat my soo goed voel!! ek is sooo bly jou hare lyk niks beter as myne nie….en ek is nie een a stillis nie…ha-ha-ha! Baie bly jy geniet jou beroep so!!