elana_expresso_1
Het jy gehoor?

Elana Afrika deel haar velsorgwenke

Wanneer ek vlieg, smeer ek room aan alles. Ek het altyd ’n goeie handeroom en vogroom vir my gesig by my. Die lug in Kaapstad is nie so droog soos in Johannesburg nie, daarom gebruik ek ’n vogroom wat nie so ryk is nie. En ek wend ook meer gereeld sonskerm met ’n SBF 50 aan, want ek kom meer gereeld in die buitelug. Ek speel gholf en gaan stap graag op die promenade in Seepunt.

Elana se velsorgwenke

  • Moet nooit, ooit met grimering aan gaan slaap nie. Dis sleg vir jou vel én jou beddegoed.
  • My gunsteling-produk is Bio-Oil – ek gebruik dit elke aand om my gesig te bevog.