violet
Het jy gehoor?

Elizabeth Taylor se verleidelike oë verkoop nou parfuum!

Die parfuum word nie verniet Violet Eyes genoem nie, dis immers die kleur van die legendariese Hollywood-ster se oë.

Elizabeth Taylor is die inspirasie vir hierdie parfuum-reeks en haar persoonlikheid is daarin vervat: sexy, glansryk, skitterend, kalm, én dramaties. Kyk maar in haar oë wat so met die kamera speel! En pers is haar gunsteling-kleur…

Violet Eyes, in samewerking met Elizabeth Arden, is ‘n lieflike parfuum, baie gesofistikeerd en tog ook alledaags. Beslis nie vervelig nie! In die 1950’s was daar ‘n parfuum genaamd Intimate, deur Revlon. Dit was ‘n topverkoper en Violet Eyes herinner daaraan.

Wat het Elizabeth Taylor hieroor te sê?

Ek hou van blomgeure en wil hê Violet Eyes moet vroue mooi, gesofistikeerd en sensueel laat voel. Dit was ‘n groot plesier om Violet Eyes te skep met geurnote waarvoor ek lief is, om elke aspek daarvan te verfyn. Alles, tot die kleinste detail, kom uit my hart en siel. Ek stuur hierdie geur die wêreld in met liefde…