FOTO: Instagram (@pantone)

Het jy gehoor?

2015 se kleur van die jaar

Die organisasie Pantone, wat beskou word as die grootste kenners van kleur in die wêreld, wys jaarliks ’n kleur aan wat as die kleur van die jaar beskou word. Hulle het pas aangekondig 2015 se kleur is die bruinerige wynrooi skakering marsala!

Dié rooi skakering is aards en skep ’n huislike gevoel, maar is terselfdertyd ook gesofistikeerd en stylvol, sê Leatrice Eiseman, uitvoerende direkteur van Pantone, wat dié skakering as die kleur van 2015 aangewys het. Die kleur het ook ’n sterk bruin ondertoon, wat aansluit by die skoonheidstendens om donker en ongewone skakerings op jou lippe en oë te gebruik. “Marsala is vleiend saam met alle gelaatskleure en is ’n goeie kleur om te gebruik vir subtiele kleur op jou wange, naels, oë, lippe en hare.”

BREAKING: We are proud to announce the Pantone Color of the Year for 2015 is: #Marsala #ColoroftheYear

Um vídeo publicado por PANTONE (@pantone) em

Die Gary Rom-blog: Haarkleur-trends vir lente 2014

Hiér is ’n paar produkte uit die SARIE-skoonheidstoor wat deur dié kleur geïnspireer is

kleur van die jaar produkteTer nagedagtenis aan Nelson Mandela … – lees meer!

Vir lippe

kleur van die jaar lippeRooi lippe is altyd in die mode! As jy kies om dié kleur op jou lippe te dra, hou die res van jou grimering eenvoudig en komplementeer jou lippe met bypassende rooi naels.

  • REVLON Colorstay Moisture Stain in Stockholm Chic (R170)
  • Wet n Wild Megaslicks Balm Stain Moisturising Lip Color in Red-dy or Not (R50). By Clicks
  • Clarins Rouge Eclat Satin Finish Age-Defying Lipstick in Red Fuchsia (R270)

Vir oë

kleur van die jaar oe2015 se rooibruin lyk fantasties in ’n verskeidenheid van teksture en werk ook goed saam met metaalkleurige skakerings soos brons, koper en goud, sê Leatrice Eiseman van Pantone.

  • L’Oréal Color Riche Gel-Infused Eyeshadow in Die For Chocolate (R100)
  • The Body Shop Colour Crush Eye Colour in Coco Deluxe (R245)
  • Smashbox On The Rocks Photo Op Eye Shadow Palette (R450)

Lees hiér meer oor die tendens om donker grimeerskakerings te dra!

Parfuum

kleur van die jaar parfuumVoel elegant en aards met dié geure vir hom en haar. Dior Fahrenheit bevat note soos laventel, leer en muskus, terwyl Nuxe Prodigieux Le Parfum note soos sitrus, bergamot, peer en vanielje bevat.

  • Nuxe Prodigieux Le Parfum (R595 vir 50 ml EDP). By uitsoekwinkels van TRUWORTHS
  • Dior Fahrenheit (R870 vir 50 ml EDT)

Ons kyk terug na vanjaar se kleur van die jaar – Radiant Orchid