FOTO: Instagram (@esteelauder)

Het jy gehoor?

Spesiale soetgebak vir skoonheidshuis

Die bekende skoonheidshuis Estée Lauder het nou hul eie koekieresep!

Die resep is geïnspireer deur een van die skoonheidshuis se gewildste parfuums, Private Collection, en bevat onder meer roos-ekstrak en gedroogde aarbeie.

’n Bekende bakker van die Momofuku Milk Bar in New York het spesiaal die resep ontwikkel as deel van die bekendstelling van Estée Lauder se splinternuwe leefstylafdeling, The Estée Edit, op hul webwerf. Hier kan jy artikels oor mode, skoonheid, gesondheid en kos lees, asook die einste Estée-koekieresep vind.

 

Gaan op reis met dié splinternuwe parfuum van Jimmy Choo

Volgens Estée Lauder was die gelyknamige stigter van dié skoonheidshuis altyd baie geheimsinnig oor die bestanddele van haar persoonlike kenmerkende geur. Sy het altyd na haar selfgemengde kombinasie van olies verwys as haar private versameling. Later het sy egter ingegee en ’n Bulgaarse roosgeur bekend gestel met note soos kanferfoelie, lemoenbloeisels en sandelhout onder die naam Private Collection.

esteelauder_privatecollection

Die kenmerkende Estée Lauder Private Collection (R1 095 vir 50 ml), die parfuum wat Estée Lauder sélf gedra het.

Ons kan nie wag om dié “lekkerruik”-koekies self te proe nie! Kry die resep hier.

Estée Lauder se Modern Muse wen parfuum van die jaar!