sr1202_s_seksie_13_
Het jy gehoor?

Eva Mendes sing die temalied van bekende parfuum-advertensie

’n Nuwer, ligter weergawe van die ikoniese Thierry Mugler Angel, Angel EDT (R595 vir 40 ml), is nou te kry. Dit bevat steeds dieselfde geurnote waarop ons verlief geraak het, maar muskus gee dit ’n vars aanslag. En die gesig van die geur, Eva Mendes, sing die temalied van die advertensie, “The Windmills of Your Mind” (oorspronklik deur Noel Harrison).     

Thierry Mugler se Angel EDT

EVA VERTEL:

Wat is jou persepsie van Thierry Mugler Angel?

As jy eers verlief raak op Angel, is dit iets wat jy ’n leeftyd lank dra.

Hoe het jy gevoel toe jy gevra is om Angel te verteenwoordig?

Ek was baie gevlei om deel van die Mugler-familie te wees. En natuurlik baie opgewonde!

Watter soort vrou speel jy in die advertensie?

Sy is ’n misterieuse, moderne vrou wat die kind in haar vier. Tog is sy ook sensueel en interessant.

* Angel Eau de Toilette is vanaf 9 April te kry. 

SÓ IS DIE LIEDJIE OPGENEEM:


  • Nie verbaas

    Wow! Dit bewys maar net dat akteurs/aktrises deur ‘n mallemeule-rit gaan om elke stukkie talent wat hul het, tot sy volheid te ontgin!!