Het jy gehoor?

FOTO: Bekende aktrise super-sjiek as nuwe gesig

Die Oscar-bekroonde aktrise Julia Roberts is aangewys as die mode- en skoonheidshuis Givenchy se nuwe gesig – en sy smeul in swart en wit in die advertensie-foto’s!

Die luukse modehuis se kreatiewe direkteur, Ricardo Tisci, het onder andere dié foto van Julia in die splinternuwe advertensieveldtog op sy Instagram-profiel gedeel.

Kies dié somer die perfekte bril vir jou gesigvorm – lees meer!

Volgens Givenchy is Julia die perfekte toonbeeld van hul Lente/Somer 2015-reeks. In die dramatiese swart-en-wit advertensie-foto’s, wat as ‘n voorsmakie gedeel is, lyk Julia elegant, sjiek en klassiek.

Raai vir watter skoonheidshuis is Kendall Jenner die nuwe gesig?

Het jy geweet?

  • Julia het het in 2001 die Oscar vir beste aktrise gewen vir haar rol as Erin Brokovich in die gelyknamige fliek.
  • Vir dié glansgeleentheid het sy ’n ikoniese swart en wit Valentino-skepping gedra.
  • Sy is een van die hoogsbetaalde aktrises in die wêreld.

Julia Roberts se Elie Saab-skepping: JA of NEE?