FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

FOTO: Britney Spears weer brunet – JA of NEE?

Britney Spears het haar kenmerkende blonde kapsel verruil vir donkerbruin sagte krulle. Wat dink jy daarvan?

Dié popster het haar nuwe haarkleur op haar Instagram-profiel bekend gestel. Sy het ’n foto van haar voor ’n spieël gedeel waar sy haar nuwe parfuum, Naughty & Nice, vashou.

FOTO: Instagram @britneyspears

FOTO: Instagram @britneyspears

Wat dink jy van haar brunet voorkoms? Pas dit beter as haar blonde haarkleur? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Dit is nie Britney se eerste keer as ’n brunet nie. Sy het ook al haar hare rooi gekleur vir ’n musiekvideo.

Dié 32-jarige ma van twee is besiger as ooit. Sy verskyn vir die volgende twee jaar in ’n groot produksie in Las Vegas waarvoor sy 50 optredes per jaar doen. In dié produksie herskep sy van haar beste optredes van haar loopbaan wat oor 15 jaar strek.

Britney en haar twee seuns, Sean en Jayden FOTO: Twitter

Britney en haar twee seuns, Sean en Jayden FOTO: Twitter

Bron: Hello!