FOTO: Instagram @kateupton

Het jy gehoor?

FOTO: Kate Upton se nuwe korter haarstyl

SARIE.com het net verlede week berig dat daar ’n nuwe haarstyl is wat nou hoogmode raak, en nou het een van die warmste modelle Kate Upton haar hare ook in ’n wob gesny.

Eers móés jy ’n bob hê, toe ’n lob (long bob) en nou is daar nóg ’n nuwe weergawe – die sogenaamde wob (wavy bob)!

Nou het Kate Upton, die swemklere-model wat bekend is vir haar kurwes, ook dié trend gevolg. Sy het haar lang blonde hare korter in ’n wob geknip.

A photo posted by Kate Upton (@kateupton) on

Kate het ’n huishoudelike naam geword toe sy ook haar akteurspiere geoefen het in die komedie The Other Woman teenoor Cameron Diaz en Leslie Mann.

Leslie Mann, Cameron Diaz en Kate Upton FOTO: Instagram @kateupton

Leslie Mann, Cameron Diaz en Kate Upton
FOTO: Instagram @kateupton

Screen Shot 2014-11-26 at 8.18.59 AM

 

Kry só ’n wob

1. Wend ’n produk aan wat jou hare teen hitte beskerm, asook ’n produk wat jou hare volume gee nadat jy dit gewas het en blaas dit droog.

2. Gebruik ’n krultang of haaryster om klein stringe van jou hare liggies te krul –hiér wys ons jou stap vir stap hoe. Krul net die boonste hare vir ’n strand-voorkoms of krul die onderste dele van jou hare ook vir meer volume.

Wenk: As jy dik hare het, is dit beter om jou hare eers in twee dele te verdeel – bo en onder – en dan eers die onderste helfte te krul en daarna die boonste helfte.

3. Trek ná jy al jou hare gekrul het jou vingers liggies deur jou hare om die golwe losser te maak.

4. Spuit ’n soutsproei aan om ekstra tekstuur en volume aan jou hare te gee. As jy dik hare het, kan jy ook ’n haarsproei aanspuit om jou golwe langer te laat hou.

Lees ook