Katy Perry FOTO: Instagram (@katyperry)

Katy Perry FOTO: Instagram (@katyperry)

Het jy gehoor?

FOTO: Katy Perry kleur wéér haar hare

Die gewilde popsanger Katy Perry het onlangs wéér haar hare gekleur – dié keer ’n wilde oranjerooi! Sy het selfs haar nuwe kapsel vergelyk met ’n karakter van die Amerikaanse TV-reeks The Muppet Show.

Katy het dié foto op haar Instagram-profiel gedeel.

Kyk hiér na foto’s van George Clooney en Amal se trouringe

Hoewel Katy se hare al onder meer pers, pienk, groen én blou was, is dié rooi skakering ’n eerste vir die “Dark Horse”-sanger. Rooi haarkleurskakerings is groot nuus dié somer en bekendes soos Kristen Stewart, Lily Allen en Drew Barrymore het ook onlangs hul hare ’n rooi skakering gekleur.

Die Gary Rom-blog: Hoe rooier, hoe mooier!