FOTO: Instagram (@maccosmetics)

FOTO: Instagram (@maccosmetics)

Het jy gehoor?

FOTO: Miley Cyrus pronk met splinternuwe skakerings vir grimeerreeks

Die gewilde popsanger Miley Cyrus se tweede M.A.C Viva Glam-grimeerreeks is binnekort op die rak! Aanhangers kan nou uitsien na ’n helderkoraal lipstiffie en glinsterende koraal lipglans wat van September af beskikbaar sal wees – perfek vir die begin van lente.

Leon Schuster gesels oor sy loopbaan

Help to end AIDS with my new @MACcosmetics #VIVAGLAM lipstick available online in North America on 9/8

A photo posted by Miley Cyrus (@mileycyrus) on

M.A.C het reeds vroeër vanjaar ’n Miley-geïnspireerde Viva Glam-lipstiffie en lipglans in helderpienk bekend gestel. Met dié reeks ondersteun die skoonheidshuis reeds die afgelope 11 jaar die stryd teen HIV/vigs deur die inkomste uit verkope aan hul liefdadigheidsfonds, die M.A.C AIDS Fund, te skenk. Die reeks word jaarliks uitgegee met ’n splinternuwe gesig wat ook telkens die inspirasie vir dié gewilde lipstiffie en -glans is.

Só het Miley se helderpienk Viva Glam-grimeerreeks gelyk

Vorige gesigte van die Viva Glam-reeks sluit in Rihanna, Nicki Minaj en Lady Gaga wat almal in speelse advertensiefoto’s vir dié gewilde liprodukte verskyn het.

M.A.C Viva Glam Miley Cyrus 2 Lipstick en Lipglass in Bright Orange (R210 elk) is vanaf 10 September vir die volgende ses maande beskikbaar.

FOTO: Instagram (@maccosmetics)

FOTO: Instagram (@maccosmetics)

Haartrends om na uit te sien dié lente