FOTO: Instagram (@maccosmetics)

FOTO: Instagram (@maccosmetics)

Het jy gehoor?

FOTO: Nuwe Viva Glam-gesig onthul

Die skoonheidshuis M.A.C kies jaarliks ’n nuwe bekende as die gesig van hul gewilde Viva Glam-grimeerreeks. En vir 2016 is dit niemand anders nie as die popsanger Ariana Grande!

Kaapstad se eie Monopoly-bord nou beskikbaar

GOOD GIRLS, BAD GIRLS, GO GLAM! Introducing #VIVAGLAM @ArianaGrande, available in select markets beginning January 2016.

A photo posted by M∙A∙C Cosmetics (@maccosmetics) on

Met dié reeks, wat bestaan uit ’n lipstiffie en lipglans, ondersteun M.A.C reeds die afgelope 11 jaar die stryd teen HIV/vigs deur die inkomste uit verkope te skenk aan hul liefdadigheidsfonds, die M.A.C AIDS Fund. Met Ariana as inspirasie kan aanhangers uitsien na ’n waaghalsige dieppers lipstiffie met ’n mat-afwerking en ’n glinsterende sagpienk lipglans wat van Januarie volgende jaar beskikbaar sal wees.

FOTO: Instagram (@maccosmetics)

FOTO: Instagram (@maccosmetics)

Die gewildste skoonheidstendens, volgens Google…

Die Viva Glam-reeks het reeds in die verlede met gesigte soos Rihanna, Nicki Minaj, Lady Gaga en Miley Cyrus gespog. “Viva Glam-ambassadeurs is uitlokkend, anders en invloedryk en verteenwoordig uiteenlopende gemeenskappe,” het die skoonheidshuis oor hul keuse van gesigte oor die jare gesê.

Adele verskyn dalk binnekort in ’n fliek…