FOTO: Instagram (@alrie_vee)

Het jy gehoor?

FOTO: SARIE Voorbladgesigwenner Alrie Velleman sny haar hare!

Die eerste SARIE-Voorbladgesigwenner, Alrie Velleman, het onlangs haar hare kort gesny!

Dié SARIE-skoonheid het haar lang bruin lokke verruil vir ’n prettige pixie-snit en dié foto op haar Instagram-profiel gedeel.

FOTO: Instagram (@alrie_vee)

FOTO: Instagram (@alrie_vee)

Lees meer oor die groot pixie-snit trend!

“Ek gaan deur sulke fases en ek was maar net lus vir ’n verandering,” het Alrie oor haar besluit gesê. Die inspirasie agter haar nuwe styl was die Big Bang Theory-aktrise Kaley Cuoco, wat reeds vroeër vanjaar haar hare in ’n pixie gesny het, vertel sy. “Ek is glad nie spyt daaroor nie, ek dink my hare was seker laas so kort toe ek twee jaar oud was!”

FOTO: Instagram @kaleycuoco

Aktrise Kaley Cuoco se haarstyl was die inspirasie agter Alrie se pixie-snit. FOTO: Instagram @kaleycuoco

Inspirasie vir kort hare – lees meer!

Die pixie is een van vanjaar se gewildste haarstyle omdat dit maklik is om mee te werk en net ’n paar sekondes neem om te stileer, sê Janine Nascimento, stileerder by Gary Rom in Woodlands, Pretoria. SA bekendes soos Nadia Valvekens (Binnelanders) en Jo da Silva (7de Laan) spog ook reeds met dié kort haarsnit, terwyl sterre soos Charlize Theron, Jennifer Lawrence en Anne Hathaway ook al die styl bemeester het.

Wat dink jy van Alrie se nuwe haarsnit? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

FOTO’S: SARIE Voorbladgesig 2014 gala-aand

Só het Alrie se 2011-voorblad gelyk:

sr1205voorblad_gesig07