FOTO: Instagram (@riawnacapri)

Het jy gehoor?

FOTO: Tou-vlegsel op die rooi tapyt

Die aktrise Nina Dobrev het onlangs by die jaarlikse Teen Choice Awards gespog met ’n unieke tou-vlegsel wat oor haar skouer gehang het. Vlegsels in enige vorm is vanjaar gróót en met dié kapsel wys die ster van die TV-reeks The Vampire Diaries vir ons nóg ’n interessante weergawe om in die lente te probeer.

Vleg jou eie tou-vlegsel stap-vir-stap só:

1. Verdeel jou hare in drie dele, soos wanneer jy ’n normale vlegsel sou vleg.

2. Draai die drie dele kloksgewys om jou vingers.

3. Vat dan die drie gedraaide dele saam en draai dit in die teenoorgestelde rigting, dus anti-kloksgewys, totdat dit ’n tou-vlegsel vorm.

4. Trek die vlegsel ’n bietjie los vir ekstra tekstuur en ’n deurmekaar voorkoms.

 

Wenk: Spuit vooraf ’n stileringssproei in jou hare. Dit sal jou help om die haarseksies makliker te draai.

Die visgraat-vlegsel is ook groot nuus – lees meer!

Nog ’n TV-ster het by die geleentheid die kant vlegsel-tendens gevolg. Die Pretty Little Liars-aktrise Shay Mitchell het boonop ’n silver ringetjie op die punt van haar kant vlegsel vasgemaak vir ’n speelse voorkoms.

Stap vir stap: Maak só 3 interessante vlegsels