Kelly, met haar nuwe haarstyl, saam met broer Jack FOTO: Instagram (@kellyosbourne)

Het jy gehoor?

FOTO’S: Bekendes se nuwe haarstyle

Hulle sê ’n verandering is soms net so goed soos ’n vakansie. En vir baie van ons is ’n nuwe haarstyl net die verandering wat ons nodig het …

Sexyste man gaan blond

Die Maroon 5-sanger Adam Levine het onlangs die hare aan weerskante van sy kop afgeskeer, maar dié styl was nie genoeg vir hom nie. Nou het die sanger en verloofde van die Namibiese model Behati Prinsloo besluit om ook sy hare blond te kleur. En nie hoe nie, platinum-blond!

Adam Levine en Behati Prinsloo. Wat dink jy van Adam se nuwe, blonde kapsel? FOTO: Twitter (@adamlevine)

Adam Levine en Behati Prinsloo. Wat dink jy van Adam se nuwe, blonde kapsel?
FOTO: Twitter (@adamlevine)

Of jy nou van Adam, wat verlede jaar aangewys is as die wêreld se sexyste man, se nuwe haarkleur hou of nie – die sanger is duidelik mal daaroor.

“Ek hoop mense verstaan dat wanneer hulle sê my hare lyk creepy neem ek dit as die grootste kompliment,” het die sanger en The Voice-beoordelaar op Twitter gesê.

Nóg korter vir Kelly Osbourne

Die TV-ster Kelly Osbourne het haar pers hare afgesny! Die mede-aanbieder van Fashion Police het haar hare, wat eers in ’n bob gesny was, aan weerskante van haar kop afgeskeer. Nou is daar net hare in die middel van haar kop oor sodat sy ’n klein mohawk het.

Dié sterre hou van helderkleurige hare

Op Instagram sê Kelly sy en haar broer, Jack Osbourne, lyk nou byna soos ’n tweeling.

“Ek wonder wanneer ek al my hare sal afskeer,” het sy tydens haar besoek aan haar haarkapper, Frankie Hernandez, op Instagram gevra.

Só sny Kelly haar hare af FOTO: Instagram (@kellyosbourne)

Só sny Kelly haar hare af
FOTO: Instagram (@kellyosbourne)

WAT DINK JY VAN DIE TWEE STERRE SE RADIKALE HAARSTYLE? Lewer kommentaar hier of op SARIE se Facebook– of Twitter-blad.