FOTO: Instagram (@esteelauder)

FOTO: Instagram (@esteelauder)

Het jy gehoor?

FOTO’s: Kendall Jenner spog met nuwe advertensieveldtog én haar eie lipstiffie

Die gewilde TV-ster en supermodel Kendall Jenner bly in die nuus sedert sy verlede jaar as een van die gesigte van die bekende skoonheidshuis Estée Lauder aangewys is. Nóú het sy en die skoonheidshuis ons verras met ’n splinternuwe parfuum-advertensieveldtog én haar eie lipstiffie-skakering.

Die SARIE-span onthou die 1995-eindstryd

Estée Lauder het onlangs, as voorsmakie vir hul nuwe Modern Muse Le Rouge-parfuum, ’n sexy advertensie-foto en ’n agter-die-skerms-video op hul Instagram-profiel gedeel waarin Kendall van kop tot toon in rooi pronk. Die nuwe parfuum bevat ’n kombinasie van soet note soos roos, bessie, vanielje en patsjoelie. “Die geur is geïnspireer deur bekoorlike vroue wat ’n treffende, kleurryke indruk wil maak sonder om ’n woord te sê,” volgens www.esteelauder.com.

 

LUISTER: 7de Laan se splinternuwe temalied

Daarby het Kendall Maandag onthul dat haar eie lipstiffie-skakering (net ‘n beperkte weergawe) nou in die Estée Lauder-aanlynwinkel te koop is. Die helder oranje-rooi skakering, Restless, vorm deel van die skoonheidshuis se gewilde Pure Color Envy Sculpting Lipstick-reeks en spog met Kendall se handtekening op die verpakking.

my exclusive @esteelauder lipstick shade #Restless is out today! esteelauder.com/kendall = where it’s at #KJ4EL

A photo posted by Kendall Jenner (@kendalljenner) on

 

Hoewel Modern Muse Le Rouge en Kendall se Restless-skakering op die oomblik nog net in die buiteland beskikbaar is, sien ons uit na wanneer dit in SA land!

Caitlyn Jenner deel Vadersdag-foto saam met haar kinders