FOTO Veronique Beranger / Gallo Images / Getty Images

FOTO Veronique Beranger / Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Gee jou slimfoon jou plooie?

Deesdae is dit moeilik om jou die lewe sonder jou slimfoon in te dink, maar kan dit wees dat dit jou ouer kan laat lyk? Volgens ’n Britse studie kyk die gemiddelde Britse vrou sowat 150 keer ’n dag na haar slimfoon. En weens dié gewoonte merk al hoe meer vroue ’n vreemde vou in hul nek op – ’n verskynsel wat dermatoloë “tech-neck” gedoop het.

Wanneer jy gereeld na jou slimfoonskerm kyk, buig jy jou nek ’n sekere hoek. Die vel van jou nek is daarom geneig om vinniger te begin hang en ’n duidelike tech-neck-vou te vorm, sê die Skin Republic-produkreeks in ’n persverklaring.

Kyk hiér na Karlien van Jaarsveld se nuwe musiekvideo, “My Hartjie”!

“Plooie en ’n minder ferm vel het jy gewoonlik eers in jou middeljare gesien, maar weens tech-neck is dit die laaste tien jaar ’n probleem vir ’n jonger generasie vroue,” sê dr. Christopher Rowland Payne, ’n konsulterende dermatoloog vir The London Clinic, in die persverklaring.

Gelukkig is die oplossing vir dié verskynsel eenvoudig. Sluit bloot jou nek en bors-area by jou daaglikse velsorgroetine in!

Skoonheidshuis stel ‘slim’ grimeer-app bekend – lees meer!

Probeer dié skoonheidsprodukte vir jou nek en bors

  1. Skin Republic Neck + Décolletage Repair Anti-Aging Repair Mask (R46)
  2. Elizabeth Arden Prevage Anti-Aging Neck And Décolleté Firm & Repair Cream (R1 405)
  3. Placecol Firming Neck and Bust Gel (R280). By Placecol-salonne
  4. Estée Lauder Resilience Lift Firming/Sculpting Face and Neck Creme SPF 15 (R945)
  5. Clarins Super Restorative Décolleté and Neck Concentrate (R1 025)
  6. Clinique Repairwear Sculpting Night Cream (R825)

Kies die regte velsorg en lyk jonger