Het jy gehoor?

Gerard Butler maak velsorg koel

En nou is dié Skotse akteur te sien in L’Oréal se nuwe Hydra Energetic-advertensie. In dié advertensie waarin hy boks, rugby speel en motorfiets ry, wys hy dat enige man kan baat vind by ‘n goeie velsorgroetine.

Gerard is bekend om sy rolle in flieks soos Phantom of the Opera, P.S. I Love You, RocknRolla en The Ugly Truth. Hy is ook eersdaags in die flieks Coriolanus en Machine Gun Preacher te sien, wat later vanjaar uitgereik word.