Het jy gehoor?

Geskenk idees vir Kersfees

  Laat haar mooier lyk ten bate van Kate Winslet se Golden Hatstigting vir kinders met outisme – gee haar Lancôme se The Golden Hat Illuminating Smooth Powder in Goldenscent Glow (R430).
  Sy sal ekstra spesiaal voel met luukse-produkte in ’n Jo Malone Christmas Cracker (R375) – ideaal vir ’n besonderse Kerstafel.
  Die modeontwerper Tom Ford glo ’n vrou se lippe is haar belangrikste bate. Bederf jou geliefde met Tom Ford Lip Color in Indian Rose (R495).
  Metaal-armbande met aksente van kristal. Handgemaak deur kunstenaars in TriBeCa, New York City (R700 vir ’n bondel van 4 of 6), 082 807 2680 (Johannesburg) en 083 657 5555 (Kaapstad).
  Love Milo se keramiekkoppies met houtpierings is ’n spesiale geskenk. Aanlyn beskikbaar by www.lovemilo.
com en Nap-winkels in Kaapstad en Johannesburg (R300 vir ’n stel van twee).
  Een van die mees klassieke kopies waarvoor enige vrou jou ewig dankbaar sal wees – ’n handsak van Louis Vuitton, as jy nie skrik vir groot geld nie (R37 800).
  ’n Geskenk om te onthou! BMW se 120d Coupé spog met puik afwerking, hoëgraad-tegnologie en ekonomiese dieselverbruik. Prys: R367 100 (6 spoed outomaties)
  Om die aarde aardbol (R39), @home.
  Glas-albasterhart (R13 by speelgoed-winkels landwyd). Dié een kom van Kinderspiel in Killarney Mall.
  Jy dink jy gee ’n Lottokaartjie van net R10, maar miskien is dit eintlik miljoene werd!
  Herwinbare glas-kershouers in groen of rooi by @home (R19).
  Woolies-koekies – altyd ’n gastronomiese wenner (R79,95 vir 225 g).
  Gee ’n geskenk aan ons planeet. Plant ’n boom deur Food and Trees for Africa en gee dan die sertifikaat aan die ontvanger van die geskenk. Besoek www.trees.co.za of stuur ’n e-pos na info@trees.org.za
  Pak dié mooi glasbottels van Consol (R7 stuk by Consolwinkels in Woodmead en Stellenbosch) vol met iets lekkers soos Liqourice All Sorts (R22) van Pick n Pay. Jy kan ’n spesiale boodskap op die swartbord-etiket op die bottels skryf.
  Gestreepte bakkies van Clicks (R16,99).
  Dis eintlik ’n Kersboomversiering, maar gooi dié sierlike olifant van Woolworths (R130) in die Kerskous.
  Thorntons Toffee (R69,99 vir 625 g by Clicks).
  Dié Montblanc Limited Writers Edition Carlo Collodi-penne versier met storiekarakters bring hulde aan die skrywer van Pinocchio: Balpunt (R5 700), rolpuntpen (R6 200) en vulpen (R7 200).
  Chanel se klassieke Nº5- parfuum bly maar sinoniem met elegansie. Nou kan jou
geliefde haar hele lyf in dié geur doop met Nº5 Intense Bath Oil (R825 vir 250 ml).
  Die nuwe “in-ding” as geskenk is ’n unieke ervaring. Wat van ’n rit in ’n warmlugballon vir Gautengers? Te kry aanlyn by NetFlorist/NetGifts. Jy kry ’n bestelnommer per e-pos en die ontvanger kry ’n kaartjie as geskenkbewys.
  Amarillislelies is nou oral te kry. Kyk by jou supermark of kwekery. Pryse wissel van R19 tot R29. Jou gasvrou kan die bol uitplant en volgende jaar weer die lelies geniet.
  Nicky & Lou (Human & Rousseau, R185) is ’n bundel van 46 magiese stories deur Nataniël oor ons absurde ou wêreld. Dis in Afrikaans en Engels beskikbaar en kom uit sy verhoogproduksies sedert 2007. Nóg ’n SARIE-skrywer het onlangs gedebuteer met ’n boek oor erotiese kapitaal en sukses. Riette Rust se Lang bene & Lipstiek (Naledi) kos R159.
  Teken vir ’n jaar in op SARIE en SARIE KOS. Dit maak elke jaar die perfekte Kersgeskenk. (Klik hier vir die intekenaanbod)
  Die plek waar van jou beste herinneringe gebore word – die fliek! (Onthou jy daardie eerste skugter afspraak in die donker?) Kry fliekkaartjies as geskenkbewys by Ster- Kinekor, Classic R53, Junction R39. Vir flieks in 3D, R63.
  Dié baba-labrador smelt jou hart. Maak gerus ’n donasie en ondersteun die Gidshond-vereniging van SA. Skakel 011 705 3512 of 0860 100 922 of stuur e-pos na fundraising@guidedog.org.za. Jy kry ’n sertifikaat
as bewys van jou bydrae. Sit ’n lint om vir ’n spesiale geskenk.
  Teken ’n skoonheidsentoesias in op Rubybox vir R100 per maand en sy kan heeljaar lank maandeliks skoonheidsprodukte in toetsgroottes ontvang. (Besoek www.rubybox.co.za vir meer inligting.)
Koop klassieke Disney-DVD’s soos The Lion King of Beauty and the Beast, (vanaf R138,95 by kalahari.com).
Gunsteling-tydskrifte en boeke is nou te lees op ’n Gobii-e-leser (R899). Aanlyn beskikbaar by kalahari.com
Hario-koffiemeul (R450) van Bean There, 087 310 3100.
Bederf jou gasvrou met ’n pakkie boeke, soos Killing Kebble – an underworld exposed van Mandy Wiener (R200) en Hanlie Retief se Byleveld: Dossier van ’n Baasspeurder (R220).
Om pasta te maak is maklik met Kuchenprofi se goue pasta-masjien (R2 190). Kies ook tussen pienk, blou, swart, geel of silwer. Beskikbaar by Kitchen Passion, 011 327 5943 of 012 348 5887.
  Die geur van bosbessie in The Body Shop Cranberry Joy Limited Edition Body Butter (R120) is vir seker feestelik!
  • Annemarie Kruger

    Hi, waar kry ‘mens die consolbotteltjies in Johannesburg. Ek woon in die Fourways area.

  • Marlies Van Der Merwe

    Ek het dit al by gewone afdelingswinkels, soos Pick & Pay of Checkers
    gesien.

  • Sanet

    Gaan kyk by Westrand Pack Lifestyle Fourways. Daar is te kies en keur van glasbottels.
    Geniet dit om net daar deur te loop!!!!!!!!!!!

  • Pharmd503

    Hello! ekfeece interesting ekfeece site! I’m really like it! Very, very ekfeece good!

  • Pharmc711

    Hello! fecdece interesting fecdece site! I’m really like it! Very, very fecdece good!

  • Pharma679

    Hello! aeaedee interesting aeaedee site! I’m really like it! Very, very aeaedee good!

  • Pharmc184

    Hello! bkddebk interesting bkddebk site! I’m really like it! Very, very bkddebk good!

  • Caren

    Hi Annemarie, Consol se winkel is in Woodmead – dis oorkant die Woodmead Value Mart. Die adres is: 16 Waterfal Crescent, Woodmead. Hulle ure is Maandae tot Vrydae vanaf 9 uur tot 4 uur. En Saterdae vanaf 9 uur tot 1 uur. Hulle is nie oop vakansiedae of Sondae nie. Die wilkel self is iets om te sien – hulle doen die pragtigste uitstallings waar jy baie idees kan kry