FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

Geur én vog vir jou vel

Jy kan nou jou vel bevog, laat glinster én glad laat vertoon met ’n enkele spuit parfuum!

DKNY se drie bekende appelgeure, Be Delicious, Be Delicious Fresh Blossom en Golden Delicious, het nou ook velsorgvoordele.

Be Delicious Skin is spesiaal ontwikkel met die ekstrak van die blare van ’n soort aalwynplant (Aloe barbadensis) en moerbeiblare. Hierdie bestanddele bevog jou vel en laat dit blink.

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Saam met dié nuwe voordele het DKNY Be Delicious Skin ook nuwe verpakking! Die bottel is nou platter aan die agterkant en pas perfek in die palm van jou hand. Die parfuumbottel se spuitstuk spuit ook wyer as die oorspronklike weergawes om ‘n groter deel van jou vel te bedek.

Dis hoe die ou verpakking die parfuum spuit. FOTO: verskaf

Dis hoe die ou verpakking die parfuum spuit.
FOTO: verskaf

En so spuit die nuwe bottel 'n miswolk oor jou vel. FOTO: verskaf

En so spuit die nuwe bottel ‘n miswolk oor jou vel.
FOTO: verskaf

Dis beskikbaar in drie geure: DKNY Be Delicious Skin, DKNY Be Delicious Skin Fresh Blossom en DKNY Golden Delicious Skin (R570 vir 50 ml EDT).

Nuwe gesig

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

 

Die Nederlandse model Marloes Horst is onlangs as die nuwe gesig van DKNY Be Delicious aangewys vir die parfuum se nuutste advertensieveldtog. Sy het al vir Prada op die loopplank verskyn en was al die gesig van reekse deur Calvin Klein, Kenzo, Diesel en Emporio Armani. As die nuwe gesig van DKNY Be Delicious volg Marloes in die spore van Lara Stone.

Lara Stone is nou die gesig van L’Oréal

Lais Ribeiro, ’n model van Brasilië, verskyn saam met Marloes in die advertensies vir die gedrukte media. Hier is foto’s wat agter die skerms van die nuwe veldtog geneem is.

FOTO: Lachlan Bailey vir DKNY

FOTO: Lachlan Bailey vir DKNY

 

Kyk hier na die nuwe TV-advertensie!