02_escale_a_pondichery
Het jy gehoor?

Geurvolle reise

In 1673 het ‘n Fransman ‘n klein dorpie met die naam Puduchérry vir die Franse Oos Indiese Kompanjie gekoop. Handel in dié dorpie het vinnig gegroei om ʼn stad te word wat later hernoem is na Pondicherry. Hoewel Pondicherry in 1954 deel geword het van onafhanklike Indië, staan dit steeds bekend as die Franse Riviera van die Ooste.

Hierdie kleurryke, kunstige stad was die inspirasie vir Dior se nuutste parfuum, Escale à Pondichéry (R895 vir 75 ml). Swart tee is die hoofgeurnoot van dié parfuum, gemeng met kardemom, jasmyn en sandelhout. Dit herinner aan ver plekke, reise, materiale en veral Indië . . .