FOTO: Instagram (@candycrushsagaofficial)

FOTO: Instagram (@candycrushsagaofficial)

Het jy gehoor?

Gewilde aanlyn speletjie inspireer parfuum

Aanhangers van die gewilde aanlyn speletjie Candy Crush Saga kan nou ook soos die soet geure van toffies en lekkers ruik met ’n parfuum wat deur dié kleurryke speletjie geïnspireer is!

Prins George en ouma Middleton se stranddag

Die Candy Crush Sweet!-parfuum is speels en vroulik met topnote van versuikerde vrugte en lemoenbloeisel, hartnote van soete roos en lelie en sensuele basisnote van vanielje en sandelhout. Die goud, rooi en wit parfuumbottel is ook met ’n gelukbringer van die Candy Crush-embleem getooi.

Candy crush parfuum

Candy Crush Sweet! (R595 vir 75 ml EDP)

Nuwe skoonheidsgier: Is baking die nuwe contouring?

Candy Crush Sweet! (R595 vir 75 ml EDP) is vir ’n beperkte tyd in SA beskikbaar by uitsoekwinkels van Foschini.

Die advertensieveldtog vir Candy Crush Sweet!

Die advertensieveldtog vir Candy Crush Sweet!

Het jy geweet?

  • Daar is daagliks 91 miljoen spelers wat Candy Crush Saga speel, volgens ’n persverklaring.

Jennifer Aniston se nuutste parfuum