FOTO: Dior

FOTO: Dior

Het jy gehoor?

Gewilde aktrise nuwe gesig van grimeerreeks

Dis asof die wêreld nie genoeg van die gewilde aktrise Jennifer Lawrence kan kry nie – en nou is sy pas aangewys as die splinternuwe gesig van mode- en skoonheidshuis Dior se Dior Addict-lipstiffiereeks!

Ons top 5 rokke by die Cannes-filmfees

Dié 24-jarige Oscar-bekroonde aktrise is reeds die afgelope drie jaar die gesig van Dior se Miss Dior-handsakreeks. Met dié nuwe rol gaan Jennifer later vanjaar te sien wees in ’n splinternuwe advertensieveldtog vir die luukse Dior Addict-lipstiffiereeks. Sy verteenwoordig jong vroue wat vol selfvertroue die lewendige en verleidelike flair van Dior Addict-grimering uitstraal, volgens ’n persverklaring.

Dié foto van Jennifer is ná die aankondiging gedeel as eerste voorsmaak van die advertensieveldtog.

FOTO: Dior

FOTO: Dior

Kry só dié vars en natuurlike voorkoms van Jennifer Lawrence

Danksy dié voorsmakie kan ons nie wag vir die advertensieveldtog om te verskyn nie!

Jennifer se advertensieveldtogte vir die Miss Dior-handsakreeks is kenmerkend eenvoudig en vars. Sy spog ook gereeld in Dior-skeppings by glansgeleenthede.

Waarsonder kan Kim Kardashian nie die huis verlaat nie? – lees meer!