FOTO: M.A.C

Het jy gehoor?

Gewilde kultus-fliek inspireer grimeerreeks

Die skoonheidshuis M.A.C stel binnekort nog ’n grimeerreeks in beperkte uitgawe bekend – dié keer geïnspireer deur die gewilde kultus-fliek The Rocky Horror Picture Show.

Aanhangers van die musiek-komedie, wat gebaseer is op die The Rocky Horror Show-musiekblyspel, kan uitsien na 21 produkte wat geïnspireer is deur die sterk grimeervoorkomste van filmkarakters soos Dr. Frank N. Furter, Magenta en Columbia. Die ikoniese bloedrooilip-embleem pronk ook op die verpakking van die produkte, wat onder meer lipstiffies, oogskadu’s, blosser, maskara, oogpotlode en grimeerpoeier met glinsterstof insluit.

M.A.C The Rocky Horror Picture Show-grimeerreeks

M.A.C The Rocky Horror Picture Show-grimeerreeks

Gewilde TV-karakter ook inspirasie agter grimeerreeks

The Rocky Horror Picture Show is ’n klassieke rolprent oor transformasie, diversiteit, individualiteit en fantasie; alles elemente wat deel is van M.A.C se DNS,” sê James Gager, kreatiewe bestuurder van M.A.C.

RockyHorror-Beauty-300 mac

Die film handel oor ’n verloofde paartjie wat op ’n onheilspellende aand verlore raak. Op soek na ’n telefoon, ontdek hulle ’n kasteel waar hulle verskeie vreemde karakters teëkom, onder andere ’n “mal” wetenskaplike en sy laboratorium-eksperiment, Rocky. Dié vreemde komedie het in die 70’s in New York baie gewild geword met aanhangers wat dikwels soos die karakters aangetrek het as hulle vertonings bywoon. En ook die dialoog woord vir woord saam gesê het.

Diana se grimeerkunstenaar onthul prinses se skoonheidsroetine – lees meer!

Die M.A.C The Rocky Horror Picture Show-grimeerreeks is van 9 Oktober beskikbaar by uitsoekwinkels van Edgars. Pryse wissel tussen R160 en R650.

Mode-ontwerper Karl Lagerfeld se kat kry eie grimeerreeks!