FOTO: Instagram (@sorbetman)

FOTO: Instagram (@sorbetman)

Het jy gehoor?

Gewilde salongroep maak tweede winkel vir mans oop

Al hoe meer mans bederf hulself gereeld met skoonheidsbehandelings by ’n salon, volgens die trots SA salongroep Sorbet, wat pas die deure van hul tweede Sorbet Man-salon in Bedfordview, Johannesburg oopgemaak het.

Só het die gewildheid van SA mans wat hulself versorg toe geneem in syfers

By dié nuwe salon kan mans uit ’n verskeidenheid behandelings en dienste kies, soos masserings, manikure en gesig-, haarkleur- en baard-behandelings. Boonop kan besoekers ’n glasie whiskey of ’n koppie espresso saam met hul behandelings geniet.

#sorbetmanvillageview #realmengroom

A photo posted by @sorbetmanvillageview on

Pragfoto’s van Justin Timberlake se seun!

SARIE se eie styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, deel sy ervaring van ’n mansalon…

Fanie

Ek hou daarvan om gereeld my barbier te besoek omdat dit vir my ’n eg manlike ervaring is. Ek het al so ’n goeie verhouding met my barbier opgebou dat hy, sonder dat ek vir hom hoef te sê, presies weet hoe om my hare te sny en my baard te skeer. Een van my gunsteling-behandelings is wanneer hy my baard met voedende olies masseer. En as hy later ’n warm lappie met ’n paar druppels teeboom-olie op oor my gesig sit, raak ek byna altyd aan die slaap!

 

Kate Middleton soek glo vier kinders voor haar 40ste verjaardag – lees meer hiér