FOTO Veronique Beranger / Gallo Images / Getty Images

FOTO Veronique Beranger / Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Gewilde salongroep spog met eerste estetiese kliniek

Die gewilde SA salongroep Placecol het onlangs die deure van hul eerste estetiese kliniek in die Woodlands Boulevard-winkelsentrum in Pretoria oopgemaak.

5 tekens jou mangels moet uit

Aanhangers van dié salongroep en velsorgreeks kan by die nuwe kliniek kies uit estetiese behandelings soos botoks- en vuller-behandelings en mesoterapie (’n pynlose behandeling waar onder meer vitamiene met ’n fyn naald diep in jou vel ingespuit word om die voorkoms van fyn lyntjies en pigmentasie te verbeter). Daarby sal skoonheidsbehandelings soos gesigbehandelings, diepafskilferingsbehandelings (peels), haarverwydering, masserings en selfs manikure en pedikure beskikbaar wees. Die doel met dié nuwe kliniek is om nie-indringende estetiese behandelings aan kliënte van alle ouderdomme en veltipes te bied, sê die skoonheidshuis in ’n persverklaring.

Project Runway se eerste plusgroot wenner

Die Placecol-handelsnaam is reeds 35 jaar gelede gestig toe skoonheidsterapeut Elma Mckenzie besluit het om ’n plaaslike velsorgreeks te begin. In ’n tyd toe Suid-Afrikaanse skoonheidsprodukte net deur direkte verkope beskikbaar was, wou Elma ’n Suid-Afrikaanse hoëgehalte-velsorgreeks ontwikkel wat ook na apteke en skoonheidsalonne versprei kon word. Tans spog Placecol met meer as 60 salonne landwyd.

Vars skoonheid op jou voorstoep