FOTO: Instagram (@sorbetgroup)

FOTO: Instagram (@sorbetgroup)

Het jy gehoor?

Gewilde salongroep vier 10de verjaardag!

Sorbet is nie net die naam van ’n happie verfrissende vrugte-ys nie. Vir baie Suid-Afrikaners is dit ook sinoniem met hul gunsteling-skoonheidsbehandeling. En nou vier dié trots SA salongroep hul tiende bestaansjaar!

Karlien van Jaarsveld en Rolene Strauss in nuwe advertensie te sien

Sedert die eerste Sorbet-salon se deure in 2005 oopgemaak is, het dié handelsnaam gegroei tot SA se grootste skoonheidskettinggroep. Die meer as 130 salonne landwyd bied aan kliënte ’n magdom van skoonheidsbehandelings, soos gesigbehandelings, masserings, manikure, pedikure en haarstilering.

 

 Bekendes vier Halloween: Die beste kostuums van 2015

Hiér is ’n paar van die Sorbet-salongroep se mylpale:

2005 – In dié jaar oortuig Sorbet se stigter, Ian Fuhr, se masseringsterapeut hom dat Suid-Afrikaners desperaat is vir ’n bekostigbare skoonheidskettinggroep. Dieselfde jaar word die eerste salon in Bedfordview, Johannesburg, oopgemaak.

2011 – In samewerking met Clicks stel Sorbet hul eie bad- en lyfprodukreeks bekend met kleurryke verpakkings en speelse name.

2012 – Die eerste Sorbet Dry Bars word bekend gestel waar kliënte in ’n kits hul hare kan laat uitblaas.

2014 – Die salongroep stel hul eie velsorgreeks bekend. Die eerste Sorbet Man-winkel maak in Sandton, Johannesburg, oop en bewys dat mans net so mal oor skoonheidsbehandelings is soos vroue.

2015 – Vandag spog Sorbet met sowat 137 salonne oor die hele SA en sedert Augustus ook met ‘n Sorbet UK-salon in Londen.

Sandra Bullock in nuwe Ocean’s Eleven-film