FOTO: DKNY

Het jy gehoor?

Gewilde sanger gesig van nuwe geur

Die Britse pop-sanger Rita Ora is die gesig van parfuumhuis DKNY se splinternuwe geur, DKNY MYNY. Met haar lewendige persoonlikheid en oorspronklike styl en voorkoms is sy, ondanks haar Britse herkoms, die perfekte New York-meisie, volgens ’n persverklaring van DKNY.

Met note soos framboos, iris en patsjoelie herinner dié speelse geur aan New York se lewendige en opwindende atmosfeer. “MYNY is vir my spesiaal omdat ek as kunstenaar altyd op soek is na inspirasie en ek vind dit tussen die mense en plekke in New York,” sê die 23-jarige Rita.

Top-trends by die New Yorkse modeweek

Met dié nuwe parfuum het DKNY ook hul kenmerkende appelvormige parfuumbottel-ontwerp verruil vir ’n blink hart-ontwerp om die New Yorkse stadsprofiel te weerspieël.

DKNY MYNY (R995 vir 100 ml EDP)

DKNY MYNY (R995 vir 100 ml EDP)

Kyk hiér na die advertensie-video waarin Rita Ora verskyn.

Supermodel nuwe gesig van Chanel-parfuum

Rita Ora in die advertensieveldtog vir DKNY MYNY

Rita Ora in die advertensieveldtog vir DKNY MYNY

DKNY MYNY (R995 vir 100 ml EDP) sal van 22 September beskikbaar wees.

Splinternuwe Dior J’adore-advertensieveldtog onthul – kyk die video hiér!