FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Gewilde seep kry nuwe voorkoms

LUX se seep en lyfwasmiddel kry ’n splinternuwe, glansryke voorkoms.

LUX se Classic Collection is verlede week opnuut bekend gestel  – in ’n spesiale nuwe verpakking!

Die reeks is beskikbaar in agt geureSoft Caress, Sheer Twilight, Scarlet Blossom, Evenly Radiant/Beautiful, Soft Touch, Velvet Touch, Wake Me Up en Shake Me Up.

Elk van dié geure kry nou ’n unieke blomgeur by, asook ’n spesiale bestanddeel, SilkEssence, wat help om jou vel sysag te laat voel.

Elke koekie seep (R6 vir 100 g) word verkoop in ’n verpakking wat versier is met die blom wat aan dié bepaalde seep sy spesiale geur gee. Die seepkoekie het ook ’n spesiale tekstuur en prentjies van blomme op twee van die hoeke.

Die lyfwasmiddel (R19 vir 200 ml) word in ’n nuwe bottel met fyner lyne verkoop.

Laasgenoemde is vanaf Maart beskikbaar, terwyl die seep reeds beskikbaar is.

Bekende paartjies by die bekendstelling van LUX Classic Collection