FOTO: Instagram (@benefitcosmetics)

FOTO: Instagram (@benefitcosmetics)

Het jy gehoor?

Gewilde skoonheidshuis uiteindelik in SA

Die gewilde Amerikaanse skoonheidshuis Benefit is uiteindelik in Suid-Afrika! Môre maak die deure van hul eerste SA-winkel oop by Edgars in Sandton City, Johannesburg.

Dié speelse skoonheidshuis is reeds in 1976 in San Francisco gestig deur tweelingsussies Jane en Jean Ford. Benefit glo al van dag een af in die leuse “Laughter is the best cosmetic” en dit word duidelik in die skoonheidshuis se kenmerkende kreatiewe en speelse produkverpakkings en -name gesien. Van die unieke produkname sluit in Watt’s Up! Highlighter, Girl Meets Pearl Face Illuminizer, Fakeup Undereye Concealer en Some Kind-a Gorgeous Foundation.

When you wake up late & have 5 minutes to craft a flawless face—GO!

A photo posted by Benefit Cosmetics US (@benefitcosmetics) on

Skoonheidsinspirasie: Koffie en sjokolade in Julie

Ons sien ook daarna uit om van Benefit se ikoniese produkte te probeer, soos die Benetint Rose-Tinted Lip & Cheek Tint, ’n vloeibare blosser wat sorg vir ’n rosige gelaat, hul topverkoper-basislaag, The Porefessional Face Primer, en die They’re Real Lengthening Mascara waarvan daar een elke 10 sekondes iewers in die wêreld verkoop word.

Benefit-produkte is van einde Julie af beskikbaar by uitsoekwinkels van Edgars in Sandton City, Clearwater en Cresta in Johannesburg en by Edgars en Red Square in Canal Walk, Kaapstad. Pryse wissel van R125 tot R585.

Het jy geweet jy kan nou ’n selfie saam met Kim Kardashian neem?

Het jy geweet?

Die woord “bene” beteken in Italiaans “goed”. Jane het ná ’n besoek aan Italië hardop gewonder of daar ’n woord is wat by “bene” pas, en so is die skoonheidshuis se naam gebore – Bene-fit.

Bikers for Mandela ry vanjaar ver – lees meer!