FOTO: ghd SA

FOTO: ghd SA

Het jy gehoor?

Gewilde stileeryster nou pienk vir borskanker

Die bekende haarstileerder-vervaardiger ghd het pas ’n beperkte uitgawe ligpienk stileerders bekend gestel ter ondersteuning van PinkDrive, ’n borskanker-organisasie wat mobiele gesondheidsdienste aan vroue in landelike gebiede verskaf.

Ons Top-10 voorbladgesig-finaliste

ghd SA bring al sedert 2004 jaarliks ’n unieke pienk stileeryster uit ten bate van borskanker-beswustheid en werk vanjaar vir die eerste keer saam met PinkDrive. Vanjaar se beperkte uitgawe stileeryster kom in ’n pragtige vintage-pienk skakering met ’n mat-afwerking. Aanhangers kan ook ’n haarborsel en ’n stel van twee haarknippe koop. 10% van die inkomste uit verkope van items uit dié Vintage Pink-reeks word aan PinkDrive geskenk.

“Ons is opgewonde om saam met ghd Suid-Afrika te werk en ons hoop dit sal meer en meer vroue bewus maak van die gesonheid van hul borste. Vroeë ontdekking red lewens,” sê Noelene Kotschan, hoof- uitvoerende beampte en stigter van PinkDrive, in ’n persverklaring.

SARIE het ’n nuwe mashoof – lees meer hiér!

Die PinkDrive-borskanker-organisasie verskaf gesondheidsdienste aan vroue in SA se landelike gebiede. Daar is mobiele klinieke wat onder meer gratis mammogramme, papsmere, kliniese borsgesondheidsondersoeke en opvoedingsprogramme aanbied. Besoek ook www.pinkdrive.co.za.

Die ghd Vintage Pink-reeks, wat bestaan uit die Vintage Pink ghd V Styler (R2 399), Vintage Pink ghd Paddle Brush (R299) en Vintage Pink ghd Clips (R20 vir 2), is beskikbaar by uitsoeksalonne terwyl voorraad hou.

Jennifer Aniston se nuutste parfuum – lees meer!