FOTO: Instagram (@maccosmetics)

Het jy gehoor?

Gewilde TV-Karakter inspirasie agter grimeerreeks

Die skoonheidshuis M.A.C is bekend vir hul interessante beperkte uitgawe grimeerreekse. Nóú het hul ook inspirasie uit die gewilde animasie TV-reeks The Simpsons geput. En die gesig vir dié splinternuwe grimeerreeks is niemand anders as supervrou en –ma Marge Simpson.

Met Marge se kenmerkende groot oë, lang wimpers en blou ‘beehive’-haarstyl in gedagte bestaan die M.A.C The Simpsons-grimeerreeks uit twee oogskadupalette, ’n poeier blos, lipglans, vals wimpers en naelplakkers. Boonop kan aanhangers ook uitsien na speelse speelse produkname soos Vivacious Vacuum Cleaner Bag (vlootblou oogskadu), Nacho Cheese Explosion (neongeel lipglans) en Sideshow You (koraalpienk blos).

TheSimpsons mac

Die M.A.C The Simpsons-grimeerreeks

Sharon en Kelly Osbourne onthul grimeervennootskap – lees meer!

Die M.A.C The Simpsons-grimeerreeks is vanaf 4 September beskikbaar by uitsoekwinkels van Edgars. Pryse wissel tussen R250 en R700.

The Simpsons vier 20 jaar!

Het jy geweet?

  • The Simpsons het reeds 24 seisone agter die rug – die meeste nóg in TV-geskiedenis.
  • Die reeks het sy eie ster op die Hollywood Walk Of Fame.
  • Die omstrede Homer Simpson se gunsteling woord, “D’oh!” is selfs opgeneem in die Oxford English Dictionary.

Volg dié 5 wenke om nuwe lewe aan jou grimering te gee