FOTO: Instagram (@dermalogicasa)

FOTO: Instagram (@dermalogicasa)

Het jy gehoor?

Gewilde velsorghuis se produkte nou aanlyn te koop

Die gewilde velsorghuis Dermalogica stel vandag hul unieke aanlyn winkel in Suid-Afrika bekend. Van vandag af is jou gunsteling-Dermalogica-produkte elke dag van die jaar, 24/7, beskikbaar.

VIDEO: Voorskou van Caitlyn Jenner se nuwe realiteitsprogram

“Ons weet dat aanlyn inkopies nooit die winkel-ervaring sal vervang nie, maar ons weet ook dat vandag se verbruikers al hoe meer die gemak en gerief van aanlyn inkopies geniet,” sê die velsorghuis in ’n persverklaring.

Who’s ready?

A photo posted by Dermalogica South Africa (@dermalogicasa) on

Velsorgwenk: ‘Lees’ só jou vel reg

Om die aanlyn ervaring so na as moontlik aan ’n Dermalogica-winkelbesoek te laat voel, bied dié nuwe aanlyn winkel aanhangers ’n Speed Mapping- en Follow Me Script-funksie. Die Speed Mapping-funksie help jou om jou hoof-velsorgprobleme te identifiseer deur ’n paar vrae oor jou vel te beantwoord en stel dan ook produkte voor na gelang van jou velsorgbehoeftes. Verbruikers kan ook hul produkkeuses stoor en later van enige toestel af weer oopmaak en bestel. Boonop kry verbruikers kans om aanlyn met ’n Dermalogica-velsorgkenner te gesels oor velsorgraad.

Besoek www.dermalogica.co.za vir meer inligting.

Het jy geweet?

Dermalogica het dié interessante feite in ’n persverklaring gedeel:

  • Suid-Afrikaners skakel sowat 21 keer per dag tussen verskillende elektroniese toestelle.
  • Ons bestee 20% van ons tyd op sosiale media.
  • Ons bestee 70% van ons tyd op elektroniese toestelle – dis sowat 11 uur per dag!

Raai watter SA velsorghuis maak dié maand hul deure in Londen oop?