Jo da Silva FOTO: Aubrey Jonsson

Jo da Silva FOTO: Aubrey Jonsson

Het jy gehoor?

‘Gita’ se dilemma met haar hare

Ek het my huidige styl gekies, want dit was die resultaat van konsultasie tussen Danie Odendaal, vervaardiger van 7de Laan, 
Morné, die haarkapper op stel, en myself om vir 
Gita, my karakter in die reeks, ’n styl te kies. Gita se hare moet altyd edgy en glansryk wees en in 
die algemeen weerspieël ’n verandering in haar 
hare ’n nuwe rigting in 
die storielyn.

Die grootste uitdaging met my hare is dat ek taamlik nutteloos is wanneer dit kom by die stilering daarvan, so ek probeer dit vermy. Dis ook hoekom ek dit kort verkies. Die styl is wonderlik en ek kan dit net was en los. As ek dit wel ’n bietjie woema wil gee, sit ek haarwaks in. 
 

My gunsteling-haarproduk is ’n haarwaks omdat dit vinnige resultate 
lewer en jy met min moeite ’n “deurmekaar” voorkoms kan skep. Probeer VO5 Extreme Style Matt Wax (R42). (My beste wapen bly maar ons haarkapper by 7de Laan!)

* In die Junie 2011-uitgawe vertel Jo da Silva: “Ek’s weerloos en die kollig is moeilik.” Die uitgawe ‘n gratis serp in 6 verskillende kleure is vanaf Maandag 16 Mei 2011 te koop.

  • Norah

    Dis lekker om te weet die aktrises is ook maar net mens! Dis so lekker om van julle kant te hoor. Ek is gek na Jo se haarstyl. Ek self het kort, krulhare, ma met bietjie hitte en waks, kan ek ook so lyk, dankie julle ouens!

  • Estelle Kapp

    Wens ek kon iets met my haarstyl doen – dit vat my omtrent 1 1/2 uur om in die oggend hierdie dun en min hare na iets te laat lyk. Ek is al moedeloos!!

  • Anna

    Estelle, knip dit af! LIfe’s too short (not to have short hair).