FOTO: Instagram (@oribe)

FOTO: Instagram (@oribe)

Het jy gehoor?

Golwende hare nou makliker as ooit tevore: nuwe tegniek

Sagte, golwende hare is al ’n paar seisoene hoogmode. Nou is daar ’n splinternuwe haartegniek wat dit makliker as ooit tevore maak om dié moeitelose voorkoms te kry. Al wat jy nodig het, is ’n haaryster …

VIDEO: Herman se sjokoladekoek met ganache

Die bekende Britse haarstileerder Nicci Welsh het onlangs ’n video op haar YouTube-kanaal gedeel waarin sy dié nuwe tegniek, wat sy die Scandi Wave noem, demonstreer.

Sy begin deur ’n dun seksie hare te vat en dit met haar vingers in ’n S-vorm te buig. Terwyl sy die S-vormige haarseksie vashou, gebruik sy dan ’n haaryster om met vinnige knyp-bewegings van bo na onder ’n sagte golf in die haarseksie in te “druk”. Dit klink moeiliker as wat dit is – kyk gerus hieronder na haar video om te sien hoe eenvoudig dié tegniek eintlik is.

Gareth Cliff wéér by Idols

Ons is mal oor die sagte, vloeiende golwe wat jy met die tegniek kan skep. Dis vinniger as die meeste ander haarkrultegnieke en jy het boonop meer beheer oor die grootte van jou golwe en waar jy die golwe in jou hare wil hê.

Volgens Nicci het sy die tegniek ontwikkel omdat Deense vroue (sy woon nou in Denemarke) hou van ’n minimalistiese strand-voorkoms, maar die krulle moet minder volume hê.

Making Iridescent waves by @tori_stewart93

A video posted by BLEACH (@bleachlondon) on

Wat dink jy van dié nuwe tegniek? Sal jy dit uitprobeer?

Sal jy die Scandi Wave-tegniek uitprobeer?

  • JA
  • NEE

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Bronne: www.refinery29.com, www.dailymail.co.uk

Aitsa, Barbie kry kurwes! – lees meer