FOTO: instagram.com

Het jy gehoor?

Groen strikke van hoop

Garnier het dié week hul Take Care-omgewingsinisiatief gevier. As deel van dié inisiatief is groen strikke om die bome in die parkeerterrein van die Walter Sisulu botaniese tuine in Krugersdorp gebind.

FOTO: instagram.com

FOTO: instagram.com

Dié strikke simboliseer die hoop wat daar vir ons omgewing is, mits ons dit versorg.

Daar word ook Earth Force-armbande van krale verkoop as deel van dié projek. Jy kan dié armbande aanlyn en by Exclusive Books teen R40 koop. Die opbrengste uit dié verkope word in ’n trust belê todat dit volgende jaar aan omgewingsprojekte geskenk  word.

FOTO: instagram.com

FOTO: instagram.com

 

Leerlinge van drie skole in die Johannesburg-omgewing het die geleentheid bygewoon – Redhill School, St Mary’s School en St John’s College. Garnier het by elk van die skole leerlinge gekies om Take Care-ambassadeurs te word. Die leerlinge het hul eie komitees begin wat aan die projek deelneem deur armbande by hul skole te verkoop en nóg strikke om bome vas te maak.

 

“Ek glo as mens die omgewing wil verander, moet jy by die jeug begin,” het Teresa Mordoh, direkteur van Garnier SA se besigheidseenheid, gesê.

Haar doel met die veldtog is om mense se denke oor die omgewing te beïnvloed totdat dit ’n impak het op hoe mense optree.

FOTO: instagram.com

FOTO: instagram.com

“Ons hoop om volgende jaar ’n dag te kies waarop mense van regoor Suid-Afrika genooi word om groen strikke om bome vas te maak. Dit moet soos Nasionale Braaidag word.”

FOTO: instagram.com

FOTO: Instagram

 

 

Die Suid-Afrikaanse aktrises Connie Ferguson van Generations (regs) en die aanbeider van Selimathunzi, Zizo Beda (links), wat die ambassadeurs van Garnier is, het die eerste strik gemaak.

 

 

 

“Hierdie strikke moet ’n konstante herinnering wees dat ons self moet begin om ons omgewing te versorg,” het Connie gesê.

Garnier en Primedia Instore, wat ’n vennoot van die projek is, het gister R10 000 aan die People’s Garden in die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuine geskenk. Dié geld gaan bydra tot die bewaring van bedreigde spesies.

FOTO: instagram.com

FOTO: instagram.com

Gaan maak hierdie week ’n draai by die Walter Sisulu nasionale botaniese tuine om die groen strikke in die parkeerterrein te sien.