FOTO: L'Oréal Professionnel

Het jy gehoor?

Haarsorgreeks kry nuwe gesig

Die aktrise Eva Green is pas aangewys as die splinternuwe gesig van die L’Oréal Professionnel-haarsorgreeks. En met haar blou oë en kenmerkende donkerbruin hare dink ons dis ’n gepaste keuse vir dié wêreldbekende produkreeks.

“Ons het Eva Green gekies omdat sy ons waardes perfek verteenwoordig: Sy het ’n fyn oog vir modeneigings… en haar skoonheid en aantrekkingskrag betower,” sê Anne-Laure Lecerf, internasionale bestuurder van L’Oréal Professionnel.

Skoonheid-inspirasie vir dié nuwe jaar!

Eva het in 2006 naam gemaak toe sy die gesogte rol van Bond-meisie Vesper Lynd teenoor Daniel Craig in die fliek Casino Royale gespeel het.

Kyk hiér na ’n video waarin Eva haar nuwe rol aankondig.

Justin Timberlake en Jessica Biel is swanger – lees meer!

Eva is maar die tweede gesig van L’Oréal Professionnel. Die aktrise Kirsten Dunst was voor haar die eerste gesig van dié luukse haarsorgreeks.

FOTO: ©Matthew Brookes for LOréal Professionnel

Die aktrise Kirsten Dunst as die vorige gesig van die L’Oréal Professionnel-haarsorgreeks. FOTO: ©Matthew Brookes for LOréal Professionnel

Het jy geweet?

  • Eva verfilm tans ’n rolprent deur die bekende regisseur Tim Burton genaamd Miss Peregrine’s Home for Peculiar Children.
  • Sy het ’n tweeling-suster, Joy Green.
  • Haar ma, Marlène Jobert, is ’n bekende Franse aktrise en het onder meer saam met Brigitte Bardot in die Franse film Masculin Féminin gespeel.

Bekendes bring hulde aan ontslape Top Billing-aanbieder