FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Hollywoodsterre in nuwe parfuum-advertensie

Dolce & Gabbana The One se splinternuwe kortfliek, The Street of Dreams, met die Hollywoodsterre Scarlett Johansson en Matthew McConaughey is verlede week oorsee vrygestel.

Martin Scorsese, die Oscar-bekroonde regisseur van rolprente soos The Departed, Goodfellas en Gangs of New York, is ook die regisseur van hierdie fliek, wat propvol straattonele van New York is.

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

 

Scarlett en Matthew speel ’n eks-paartjie wat mekaar nou weer vir net een dag in New York sien.

Dis die eerste keer dat die twee gesigte van Dolce & Gabbana The One se vroue- en mansgeure saam in ’n televisie-advertensie speel.

 

 

Scarlett lyk pragtig in ’n swart kant-nommertjie deur Dolce & Gabbana terwyl sy en Matthew in ’n klassieke afslaankapmotor van Alfa Romeo deur die Groot Appel ry.

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Kyk hier na die nuwe advertensie-fliek!