sr1203marilyn03
Het jy gehoor?

Ikoniese Marilyn Monroe nuwe gesig van skoonheidshuis

53 jaar ná haar dood is sy steeds so gewild soos altyd! Die skoonheidshuis Max Factor het gister die beroemde Marilyn Monroe as die gesig vir dié veteraan-handelsnaam se splinternuwe advertensieveldtog aangewys.

Met dié keuse vier die skoonheidshuis hul mees ikoniese kliënt se transformasie van die vaal Norma Jeane Mortenson tot die sprankelende Marilyn Monroe met haar kenmerkende platinumblonde hare en bloedrooi lippe.

4 Dekades van glans saam met Max Factor en Gwyneth Paltrow

“Danksy Marilyn was sensuele rooi lippe, romerige vel en sterk omlynde oë die bekendste skoonheidsvoorkoms van die 1940’s – ’n voorkoms wat vandag nog die mode- en skoonheidswêreld oorheers,” sê Pat McGrath, Max Factor se internasionale bestuurder vir kreatiewe ontwerp. Haar voorkoms skreeu elegansie soos geen ander. Daarom wil Max Factor met dié advertensieveldtog vroue in staat stel om hul eie glans-herskepping te ondergaan, sê Pat.

Haar voorkoms skreeu elegansie soos geen ander.

Die ikoniese ster is in 1962 op die ouderdom van 36 oorlede, maar sy maak nogtans vandag steeds miljoene. Sy verdien ongeveer R196 miljoen per jaar en was verlede jaar sesde op die tydskrif Forbes se jaarlikse lys van bekendes wat die meeste verdien ná hul dood.

FOTO: © Bob Beerman

FOTO: © Bob Beerman

Marilyn Monroe ook in Chanel-advertensie te sien

Vorige gesigte van dié skoonheidshuis sluit in Gwyneth Paltrow, Madonna en supermodel Gisele Bündchen.

Bronne: www.vogue.co.uk, www.telegraph.co.uk

Deel jou liefde met dié nuwe advertensieveldtog!