Het jy gehoor?

Ikoniese parfuum vier 10 jaar + agter die skerms tydens die vervaardigingsproses

Die mode-ontwerper Thierry Mugler se ikoniese parfuum Alien Eau de Parfum vier vanjaar sy 10de verjaardag! Met ’n basis van wit amber, ’n hartnoot van hout en ’n sprankelende topnoot van suiwer Arabiese jasmynolie bekoor dié soet parfuum reeds ’n dekade lank vroue wêreldwyd.

Prins Harry nie haastig om te trou nie

Thierry Mugler Alien Eau de Parfum (R775 vir 30 ml) spog met ’n interessante pers glasbottel wat herinner aan die ametis-edelgesteente, terwyl goue detail ’n gevoel van misterie en luuksheid skep. Die sterbestanddeel van dié parfuum is suiwer Arabiese jasmyn, ’n tipe jasmyn wat hoofsaaklik in die suide van Indië groei. (Kyk na die agter-die-skerms-foto’s om meer oor dié luukse parfuumbestanddeel uit te vind).

“Toe ek Alien geskep het, het ek gedroom van ’n geur wat die glans en grootsheid van elke vrou sal onthul. Pleks van ’n geur wat verlei, is Alien ontwerp as ’n geur propvol energie.” – Thierry Mugler

Ná Alien Eau de Parfum is daar nog drie weergawes van dié geur bekend gestel – Alien Eau de Toilette (R535 vir 30 ml), ’n ligter sitrusweergawe van die oorspronklike geur, Alien Essence Absolue (R775 vir 30 ml EDP Intense), ’n gekonsentreerde weergawe met note van vanielje, en Alien Eau Extraordinaire (R599 vir 30 ml EDT), ’n sprankelende weergawe met blom- en sitrusnote.

FOTO: Karlien van Jaarsveld verras ‘My hartjie’-rokwenner

FOTO’s: Agter die skerms tydens die Alien-vervaardigingsproses

Thierry Mugler se ikoniese Alien Eau de Parfum-geur vier vanjaar sy 10de verjaardag.

FOTO: ©Olivier LÖSER en ©Grégoire MÄHLER

Vroue word meestal gebruik om die delikate jasmyn-blommetjies met die hand te pluk omdat hulle van nature ‘n sagte aanslag het.

FOTO: ©Olivier LÖSER en ©Grégoire MÄHLER

Hulle begin reeds douvoordag pluk. Die jasmynbloeisels se geur is dan die sterkste omdat die hitte van die son nog nie die bloeisels se geur weggebak het nie.

FOTO: ©Olivier LÖSER en ©Grégoire MÄHLER

Hulle trek met hul duim en voorvinger elke individuele jasmynbloeisel versigtig van die takkie af.

FOTO: ©Olivier LÖSER en ©Grégoire MÄHLER

FOTO: ©Olivier LÖSER en ©Grégoire MÄHLER

Daarna lê die veld gestroop, net om die aand weer te blom en die volgende oggend weer ‘n see van wit te onthul.

FOTO: ©Olivier LÖSER en ©Grégoire MÄHLER

Wanneer die jasmynbloeisels vir die dag geoes is, word dit onmiddelik na die nabygeleë fabriek vervoer waar dit verwerk word.

FOTO: ©Olivier LÖSER en ©Grégoire MÄHLER

Hoe varser die bloeisels wanneer dit verwerk word, hoe beter is die gehalte van die suiwer jasmynolie.

FOTO: ©Olivier LÖSER en ©Grégoire MÄHLER

Arabiese jasmyn groei elke jaar van einde Maart tot Oktober in die suide van Indië.

FOTO: ©Olivier LÖSER en ©Grégoire MÄHLER

Sowat 8 miljoen jasmynbloeisels word benodig om 1 kg suiwer jasmynolie te vervaardig.

FOTO: ©Olivier LÖSER en ©Grégoire MÄHLER

Die unieke bottel van Thierry Mugler Alien Eau de Parfum word in 11 stappe gemaak.

FOTO: ©Behind The Obvious

FOTO: ©Behind The Obvious

FOTO: ©Behind The Obvious

FOTO: ©Behind The Obvious

FOTO: ©Behind The Obvious

FOTO: ©Behind The Obvious

FOTO: ©Behind The Obvious

FOTO: ©Behind The Obvious

Die pers glasbottels is geïnspireer deur die ametis-edelgesteente.

FOTO: ©Behind The Obvious

FOTO: ©Behind The Obvious

Het jy geweet?

Thierry Mugler glo dat sy interessante parfuumbottel-ontwerpe gekoester moet word. Daarom het hy die unieke Thierry Mugler Source-konsep bekend gestel waar aanhangers hul oorspronklike Alien Eau de Parfum-parfuumbottels kan laat hervul. Dis omgewingsvriendelik én geldbesparend!

Sit só die Facebook-video’s af wat vanself begin speel