Red Door 25 Bottle
Het jy gehoor?

Ikoniese parfuum vier 25 jaar

Die skoonheidshuis Elizabeth Arden se ikoniese parfuum, Red Door, is vanjaar 25 jaar oud! En om dié mylpaal te vier word ’n splinternuwe beperkte weergawe, Red Door 25, bekend gestel.

Red Door 25 bevat ’n unieke mengsel van roosekstrak om dié glansparfuum ’n moderne kinkel te gee. Boonop is die nuwe geur ontwikkel deur een van Red Door se oorspronklike skeppers, Carlos Benaïm.

“Vyf-en-twintig jaar later wou ek die klassieke Red Door-storie herinterpreteer. ’n Storie van ’n vrou se natuurlike evolusie, waar haar kernwese erken word en die nuwe dele gevier word,” sê Benaïm.

Naelkuns, rooi lippe en vlegsels – lees meer!

Red Door 25 bevat onder meer topnote van braambessie en rooswater, middelnote van Turkse roos en jasmyn en word afgerond met patsjoelie, muskus en kenmerkende heuning-note.

Die herdenkingsparfuumbottel spog met ’n moderne weergawe van die skoonheidshuis se ikoniese rooi en is verpak in ’n elegante bêre-boksie.

Red Door 25_Bottle and Carton

Elizabeth Arden Red Door 25 (R595 vir 100ml EDP)

Kyk uit vir Elizabeth Arden Red Door 25 (R595 vir 100ml EDP) wat vanjaar van 17 November beskikbaar sal wees.

Kyk hiér na die video vir ’n splinternuwe parfuum-advertensieveldtog

Het jy geweet?

In 1910 het Elizabeth Arden die skoonheidswêreld betree deur ’n salon in Fifth Avenue in New York oop te maak. Sy wou hê dié salon moes verbygangers se aandag trek en het besluit om die deur bloedrooi te verf. Teen die 1930’s was daar ’n Red Door-salon in baie van die wêreld se grootste stede, soos Londen, Parys en Milaan. Die salonne is vandag nog net in Amerika oop. In 1989 het Elizabeth Arden besluit om ’n parfuum te skep wat deur dié skoonheidshuis se eerste rooi deur geïnspireer is – Red Door.

Aktrise Sofía Vergara deel haar skoonheidsgeheime