FOTO: Instagram kendalljenner

FOTO: Instagram kendalljenner

Het jy gehoor?

Internet gons oor dié kuif! PLUS groei só jou kuif uit

Min van ons sal dit waag om ons hare, of selfs net ons kuif, sélf tuis te sny! ’n Skoonheid-blogger van Colombia het die internet aan die gons, nadat sy ’n video op Instagram gedeel het waarin sy ’n ongewone manier gebruik om binne sekondes vir haarself ’n perfekte kuif te sny. En volgens haar aanhangers, wat dié tegniek ook probeer het, werk dit glo soos ’n bom!

Ek doen áls tuis. My man niks!

In die video spuit Camila Bravo die deel van haar hare wat sy in ’n kuif wil sny eers met ’n bietjie water nat. Daarna draai sy die seksie hare kloksgewys styf. Sy sny dan die punte van die gedraaide haarseksie rofweg met ’n skêr af en blaas haar hare uit. Volgens Camila hou sy veral daarvan om dié tegniek te gebruik wanneer sy die hare rondom haar gesig ’n bietjie volume wil gee.

Kyk hiér na die video

Press Play Before Calling me Crazy, I been cutting my own side bangs since forever ago. I love how they come out just by doing what I am showing here , so I thought I should share with you guys. If you have curly hair like myself cut them alittle lower than the actual desire length because keep in mind the hair will shrink. Eyes: @motivescosmeticsElement Color Box ( use referral code Kamilabravo for Off ) Lashes: @shophudabeauty in Style Marilyn. I find this style to be the perfect lashes for when you want something simple on the eyes but you want your lashes to be poppin ! Skin: Born This Way foundation from @toofaced (Light Beige) Age Rewind Concealer by @maybelline ( Light/Pale shade) Set with @lauramercier Translucent Powder & Mineralize skin finish by mac. Hoola Bronzer by @benefitcosmetics Highlight Grace by @gerardcosmetics Lips : Serenity by @gerardcosmetics #kamilabravo #bangsturoial

A video posted by Camila Bravo (@kamilabravo) on

 Wat dink jy? Sal jý die tegniek gebruik om jou kuif self tuis te sny?

Sal jy self jou kuif tuis sny?

  • JA
  • NEE

Grimeerskakerings vir jou velondertoon

Vir dié wat eerder hul kuif wil laat uitgroei, het ons dié idees bymekaar gemaak vir hoe om jou langer kuif uit jou oë te hou en stylvol te stileer. . .

Maak jou kuif vas in ’n knoop-bolla soos die supermodel Kendall Jenner.

Hou jou kuif in plek met ’n dik silwer haarband soos die model Olivia Palermo.

Vleg jou kuif in ’n netjiese kantvlegsel soos aktrise Kate Bosworth.

Skep ’n middelpaadjie en stileer jou kuif sag rondom jou gesig soos aktrise Sienna Miller.

Steek jou kuif vas met interessante haarknippies soos aktrise Chloë Grace Moretz.

Frank Sinatra jr. sterf op toer