FOTO Instagram / @artistrybykacy

Het jy gehoor?

Is dít hoe wenkbroue nou gaan lyk?

Deesdae begin van die grootste skoonheidstendense alles op Instagram. Van lipkuns tot blorange-hare, as ’n nuwe voorkoms eers op dié sosiale netwerk begin vlamvat, is dit byna al wat ons sien op ons rekenaar- en selfoonskerms. Die nuutste Instagram-gier wat die SARIE-skoonheidspan fassineer, is #featherbrows!

Dié interessante wenkbrou-trend het begin toe ’n grimeerkunstenaar van Finland, Stella Sironen, vir die pret ’n foto van haar wenkbroue wat in die vorm van ’n veer gestileer is, op Instagram gedeel het. Binne net ’n paar dae het dié voorkoms soos ’n veldbrand versprei met talle grimeerliefhebbers en skoonheidsbloggers wat die fyn wenkbrouvorm naboots. Later het Stella erken dat dit heeltyd net ’n grap was.

Hoewel ons nie sommer ons wenkbroue só sal begin dra nie, is dit beslis mooi om na te kyk!

ok so obviously this has gotten out of hand and it’s hilarious and amazing but i wanted to clarify some stuff: 1. i joked about starting a trend in the caption of my first pic not about the actual makeup 2. drag queens have used glue on their brows since forever so please don’t credit me for that lol 3. i know that brows are a sacred part of the face but consider this: there is lip art and eye art and tons of different forms of creative makeup, why is experimenting with brows so strange? shoutout to @popsugarbeauty, @huffpostwomen and @dailymail for making the best articles about this, go read them! and i can’t thank you guys enough for your support, this feels unreal peacock feather brow: @cameleonfinland body paints, @katvondbeauty tattoo liner in Trooper, @anastasiabeverlyhills dipbrow pomade in Dark Brown, glue stick skin: @maccosmetics next to nothing Light Plus, pro longwear concealer in NC15 lower lid: @makeupstore Romantic Garden & Emerald eye pencils liner: @toofaced chocolate bar palette (Triple Fudge) lashes: @grimassuomi 325

A post shared by Stella Sironen (@stella.s.makeup) on

 

 

Het jy geweet?

Goed versorgde wenkbroue kan jou jonger laat lyk! Veral dikker wenkbroue wat ’n bietjie meer reguit loop, komplementeer die meeste vroue. As jy yler wenkbrouhaartjies het, is daar nou slim produkte soos ’n poeier wat ook volume gee asook wenkbrou-maskaras beskikbaar.

Is #featherbrows vir jou mooi?

  • JA
  • NEE

 

Bronne: www.popsugar.co.uk, www.marieclaire.com

Lees nou

Erge rooiheid op jou gesig? Dít moet jy weet!

Cara Delevingne spog met pastel pixie