FOTO: Instagram (@koraorganics)

Het jy gehoor?

Olie die antwoord vir aknee?

Die Australiese model Miranda Kerr het onlangs vir die Amerikaanse tydskrif Teen Vogue vertel dat haar beste behandeling vir puisies olie is. As jy effens skepties oor dié raad is, is jy nie die enigste een nie …

Volgens Miranda gebruik sy graag die Noni Glow-gesigolie uit haar eie velsorgreeks Kora Organics op haar gesig sodra sy puisies kry omdat dié olie bestanddele bevat wat haar vel se pH balanseer, berig Teen Vogue aanlyn. Wanneer jou vel se natuurlike pH-balans gehandhaaf word, word minder sebum geproduseer en is die kans vir puisies ook minder.

@mirandakerr gives us a sneak peak into some exciting news for KORA Organics. Stay tuned xxx #noniglow

A post shared by KORA Organics (@koraorganics) on

SARIE se digitale redakteur, Annemie Lombard, vertel dié raad het veral vir háár probleemvel gehelp. “Ek het baie produkte probeer maar my aknee het net erger geraak. Ek het altyd gedink ek moet die puisies uitdroog, maar eintlik het ek my pH-balans versteur.” Sy het begin om haar gesig elke aand met ’n olie te was, eers met olyfolie en toe met Lipidol se oliereiniger. In die oggend het sy haar gesig net met warm water afgespoel. “Die verskil was ongelooflik! Na twee maande was my vel vlekloos en kon ek weer oorskakel na ’n matige reinigingsmiddel vir ’n sensitiewe vel.”

Maar pasop, nie sommer enige gesigolie bevat die nodige bestanddele om jou vel se pH-balans te herstel nie. Wees op die uitkyk vir velsorgprodukte wat onder meer vitamien A en E, olyfolie en appelsuur (malic acid) bevat. Die beste is om eers ’n dermatoloog te besoek, as jy vermoed jou vel se pH-balans is dalk versteur.

Salisielsuur bly die beste

Die internasionale velsorgkenner Paula Begoun sê op haar webwerf, www.paulaschoice.com, die gebruik van ’n produk wat salisielsuur bevat bly die beste manier om van puisies ontslae te raak. Salisielsuur, ook bekend as betahidroksisuur (BHA), werk uitstekend vir ’n probleemvel omdat dit antibakterieel en anti-inflammatories is. Dit het ook die vermoë om tot binne-in jou porieë af te skilfer.

Probeer dié nuwe produkte:

1. Garnier Pure Active Intensive Triple Action Care Spots & Blackheads (R80)

2. Dermaquest DermaClear Mask (R795). By uitsoek- estetiese klinieke

3. La Roche-Posay Effaclar Duo+ SPF 30 (R240). By Dis-Chem

4. Urban Decay Rehab Makeup Prep Pore Refining Peel (R395). By Urban Decay-winkels of aanlyn by www.foschiniforbeauty.co.za

5. Pond’s Pimple Clear Leave-On Expert Clearing Gel (R45)

Bronne: www.teenvogue.com, www.eonline.com, www.yasouskincare.com

Lees nou

Kies jou mooiste manikuur

Jennifer Aniston se grootste skoonheidsfout