screen_shot_2013_07_16_at_10.10.57_am
Het jy gehoor?

Jennifer Garner: “Ek is te besig vir grimering”

Ben Affleck se vrou, Jennifer, is nie een vir fieterjasies nie. “Die meeste dae kry ek nie tyd vir grimering nie. En as ek opsit, is dit baie eenvoudig: ‘n bietjie verbloemer, blos, maskara en kleur op my lip …”

Grimering in 10 stappe

Maar wanneer sy op die rooitapyt moet verskyn, is dit ‘n ander storie, vertel sy aan Redbook. Sy huur ‘n hele span om haar gereed te kry – en dit is pret, sê sy. “Die rooitapyt voel soos ‘n heel ander kant van my. Dit is die vermaaklikheidsbedryf, en ons is in die besigheid om mense te vermaak. Baie mense is verantwoordelik vir my stilering en my stem tel nie die meeste nie. Wat ek gedurende die dag dra is gemaklik en beweeglik.”

Jennfer Garner

FOTO: Jennifer Garner en Ben Affleck terwyl sy swanger is met hul jongste, Samuel Garner Affleck. Hy is die kleiboet vir twee ouer sussies Seraphina (3) en Violet (6).

Sjiek rooitapyt-hare

En haar kapsel? “Ek is geleer om my hare natuurlik te laat droogword – wat ek elke dag doen. Dit is goed vir jou hare … maar dit beteken nie dat dit altyd goed lyk nie! Om ‘n haardroër en ‘n krultang nader te trek, maak ‘n verskil. Maar om eerlik te wees, weet ek nie eers waar my haardroër is nie!”

Addisionele bron: OK! Magazine