Jennifer Lawrence FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Jennifer Lawrence in nuwe Dior-veldtog

Die Oscar-bekroonde aktrise Jennifer Lawrence lyk natuurlik, glansend en beeldskoon in Miss Dior se nuutste advertensies.

’n Tikkie goue oogskadu, ’n neutrale lipstiffie en ’n lae bolla wat sag weggesteek is, beklemtoon die aktrise se natuurlike skoonheid in dié gewilde skoonheidshuis se nuwe veldtog.

Jennifer LawrenceJennifer Lawrence

Waarmee hou Jennifer haar besig sedert die Oscars?

 

Die advertensie, wat Jennifer se tweede veldtog vir Dior is, verskil dramaties van die vorige advertensies. In daardie advertensies het sy óf helderrooi lippe met dramaties gegrimeerde oë gedra óf ’n neutrale lipstiffie met ’n klassieke net wat oor haar gesig hang.

Cheryl Cole verskyn sonder onderlaag in ’n TV-advertensie

Jennifer, wat vroeër die jaar ’n Oscar vir haar spel in Silver Linings Playbook gewen het, het bekend geraak vir haar vertolking van Katniss Everdeen in The Hunger Games. Die tweede fliek in hierdie reeks, The Hunger Games: Catching Fire, begin later vanjaar in plaaslike teaters draai.

dior08_630wIn watter veldtog se advertensies lyk Jennifer vir jou die mooiste?