Kit Harington in 'n advertensieveldtog vir Jimmy Choo FOTO: Instagram @jimmychooltd

Kit Harington in 'n advertensieveldtog vir Jimmy Choo FOTO: Instagram @jimmychooltd

Het jy gehoor?

Jimmy Choo se eerste mansparfuum: raai wie is die gesig!

Die modehuis Jimmy Choo stel binnekort hul heel eerste parfuum vir mans bekend en die gesig vir dié parfuum is die smeulende Kit Harington, bekend vir sy rol as Jon Snow in die gewilde TV-reeks Game of Thrones.

Die Britse akteur is ook die gesig van Jimmy Choo se Herfs/Winter-modereeks en is die eerste bekende manlike ster om in dié bekende skoenontwerper se advertensieveldtogte te pronk. Hy straal natuurlike selfvertroue uit en het ’n speelse rebelse natuur, sê Jimmy Choo se kreatiewe direkteur, Sandra Choi.

Nóg ’n nuwe gesig van mansparfuum

Kyk hier onder na ’n advertensie vir Jimmy Choo se eerste mansparfuum, Jimmy Choo Man, wat in September in Amerika bekend gestel word.

Ons sien uit om dié smeulende advertensieveldtog in Suid-Afrika te sien!

Dié parfuums het groot gewen by vanjaar se parfuumtoekennings