FOTO: Instagram (@gigihadid)

FOTO: Instagram (@gigihadid)

Het jy gehoor?

Jong model nuwe gesig van skoonheidshuis

Die skoonheidshuis Maybelline het pas aangekondig dat die gewilde Amerikaanse model Gigi Hadid die nuutste toevoeging tot die handelsmerk se vele gesigte is. 

Volgens Maybelline is die 19-jarige Gigi die modewêreld se nuutste “model van die oomblik” en is sy gekies vir haar selfvertroue en speelse natuur. “Sy verteenwoordig Maybelline New York-vroue regoor die wêreld – hulle is slim, sexy, optimisties en vol lewenslus,” sê Jerome Bruhat, globale handelsnaambestuurder vir Maybelline.

Ten spyte van haar jong ouderdom is Gigi ’n veteraan in die modebedryf ná sy reeds op tweejarige ouderdom in advertensieveldtogte vir Baby Guess verskyn het. Sedert haar loopplank-debuut verlede jaar het sy al vir bekende modehuise soos Marc Jacobs, Jean Paul Gaultier en Chanel op die loopplank verskyn.

Gigi kon ná die aankondiging nie uitgepraat raak oor haar opgewondenheid nie en het dié foto op haar Instagram-profiel gedeel.

 

Dié supermodel is ook een van Maybelline se gesigte – lees meer!

Só het Gigi op twee gelyk in haar advertensieveldtog vir Baby Guess, en so lyk sy nou!

Een van Gigi se beste model-vriende is óók die nuwe gesig van ’n bekende skoonheidshuis

Ons sien uit na Gigi en Maybelline se nuwe advertensieveldtog later vanjaar.

Het jy geweet?

  • Gigi is lief vir perdry en is ’n uitblinker-vlugbalspeler.
  • Sy nou besig met haar voorgraadse studies in forensiese psigologie aan The New School for Liberal Arts in New York.
  • Sy het al ’n paar keer in die werklikheidsreeks The Real Housewives of Beverly Hills verskyn, danksy haar ma, Yolanda Foster, wat getroud is met die bekende musiekvervaardiger David Foster.

FOTO: Kate Bosworth se nuwe bob!