Kelly & Stacy_picture 2
Het jy gehoor?

Jonger oornag met vullers

Met vuller-behandelings kan jou vel soos blits jonger en varser lyk. Skoonheidsredakteur Charis van den Heever het dié estetiese behandeling se resultate van naderby gaan bekyk in Berlyn, Duitsland. 

STACY EN KELLY FRANKLIN (38) Kelly (regs): Mikrovullers is in haar gesig en nekgedeelte gespuit en vullers in die diep lyne weerskante van haar mond en in een wang om simmetrie te herstel. FOTO: Restylane

STACY EN KELLY FRANKLIN (38) 
Kelly (regs): Mikrovullers is in haar gesig en nekgedeelte gespuit en vullers in die diep lyne weerskante van haar mond en in een wang om simmetrie te herstel.
FOTO: Restylane

Hoe verskil vullers van Botox?

Botox word in die gesig ingespuit om spiere tydelik te verswak en plooie en lyntjies te versag. Dit werk veral vir die fronslyn tussen jou oë en die fyn lyne op jou voorkop en om jou oë. Botox bou nie soos vullers volume nie en werk dus beter vir oppervlakkige lyne. Dit hou slegs so vier maande en kan in kombinasie met vullers gebruik word.

Hoekom lyk party vroue wat vullers gebruik so “oordoen”?

Omdat vroue meer vuller laat inspuit as wat nodig is, het dr. Kuldeep Minocha, ’n estetiese dokter van Engeland, by die geleentheid in Berlyn verduidelik. Dit is jou dokter se verantwoordelikheid om nee te sê as jy vra vir te veel, sê hy.

Besoek www.proofirl.com vir meer inligting.

Nóg in die September-uitgawe van SARIE:

  • Vullers vir jonger lyk
  • Help aktrise ná beroerte
  • Wat is nie-permanente mikrovullers?
  • Waar kan jy dit oral gebruik?
  • Hoeveel kos dit?
  • Is dit seer?
  • Hoeveel behandelings is nodig?
  • Is daar newe-effekte?

anna-mart