FOTO: Instagram (@lorealparisuk)

FOTO: Instagram (@lorealparisuk)

Het jy gehoor?

Jou mooiste rooi lippe met skoonheidshuis se nuwe reeks

Al ooit gewens jy kon bekendes soos Blake Lively of Eva Longoria se perfekte rooi lippe naboots? Nou kan jy! Die skoonheidshuis L’Oréal het pas ’n reeks lipstiffies bekend gestel met verskeie rooi skakerings om by alle gelaats- en haarkleure te pas.

Die L’Oréal Collection Exclusive Pur Rouge-reeks bestaan uit agt lipstiffies, elk in ’n ander rooi skakering wat geïnspireer is deur bekende gesigte soos Blake Lively, Eva Longoria en Julianne Moore. Met kleure wat wissel van pienkrooi tot dieprooi wil L’Oréal vroue aanmoedig om hul perfekte skakering te vind. “Moenie bang wees vir rooi nie. Dis vroulik en straal die hoogste vlak van elegansie uit,” sê die skoonheidshuis in ’n persverklaring.

L'Oréal se gesigte met hul perfekte rooiskakerings FOTO: L'Oréal

L’Oréal se gesigte met hul perfekte rooi skakerings
FOTO: L’Oréal

Die lipstiffies kom in ’n mat-afwerking en is verryk met jojoba-olie wat sorg dat jou lippe nie uitdroog nie. Elke buisie is afgerond met ’n luukse leertekstuur en spog met die handtekening van die muse vir daardie skakering.

Naweekwenk: Dra só dramatiese lipstiffies

Kies ’n skakering vir jóú:

Vir gelaatskleure met koel ondertone, kies tussen…

  • Vermilion Rouge geïnspireer deur aktrise Julianne Moore
  • Scarlato Rouge geïnspireer deur model Liya Kebede
  • Fire Rouge geïnspireer deur model Doutzen Kroes
  • Garnet Rouge geïnspireer deur model Laetitia Casta

Vir gelaatskleure met warm ondertone, kies tussen…

  • Pur Rouge geïnspireer deur aktrise Blake Lively
  • Brick Rouge geïnspireer deur aktrise Eva Longoria
  • Amaranthe Rouge geïnspireer deur aktrise Freida Pinto
  • Ruby Rouge geïnspireer deur sanger en aktrise Jennifer Lopez
Die L'Oréal Collection Exclusive Pur Rouge-reeks

Die L’Oréal Collection Exclusive Pur Rouge-reeks

Rooi was vanjaar gróót tydens die toekenning-seisoen – lees meer!

Die L’Oréal Collection Exclusive Pur Rouge-reeks is vanaf November beskikbaar teen R150 elk.

Hiér is wat L’Oréal-gesigte Julianne Moore en Eva Longoria oor hul rooi skakerings te sê het:

 


Die Gary Rom-blog: Hoe rooier, hoe mooier!